Photo Gallery

SAFA EDEN KRY SKEIDSREGTERSKAARTE

SAFA EDEN SOKKER ONTVANG SKEIDSREGTER-KAARTE VAN DIE SWD SPORTRAAD As deel van die Riaan Loots-projek wat geweld in sport wil teenwerk, het die SWD Sportraad die afgelope Donderdag die Rooi- en Geelkaarte aan die bestuur van SAFA Eden Sokker tydens 'n funksie op Oudtshoorn, oorhandig. Hierdie kaarte word aan alle skeidsregters in die streek voorsien vir gebruik in die wedstryde. Hierdie kaarte is alreeds deur SWD Eagles Rugbyunie en die Suid-Kaap Hokkievereniging in gebruik gestel. Op die foto oorhandig Dave van der Walt van die SWD Sportraad die kaarte aan Levesto le Roux, Vise-President van SAFA Eden. Op die foto verskyn vlnr: Shadrack Shishana [Skeidsregterkonvenor], Levesto le Roux [Vise-President: SAFA Eden], Marshall Peroldt, Patrick Jaftha [ Algemene Sekretaris], Hnery le Roux, Bernard Jonathan, Dave van der Walt [SWD Sportraad] en Eliot Kwinamo.

 


 
 
SWD CHEQUE HAND-OVER 2012

GROOT FINANSIËLE HULP VIR SWD SPORT FEDERASIES

Die Wes-Kaapse Minister van Kultuursake & Sport, Dr Ivan Meyer, het die af ...

Read More

 
 
© SWD Sport Council. All rights reserved. Developed by JCW Hosting